Families herdenk een jaar ná taverne-tragedie in Oos-Londen
Die families van die 21 skoolkinders wat presies ‘n jaar gelede by die Enyobeni-taverne in Oos-Londen, dood aangetref is, sê die regering laat hulle in die steek. Die slagoffers het versmoor. Die eienaars van die taverne, Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu, het onskuldig gepleit op aanklagte dat hulle die Drankwet oortree het. Khululekile Ncandana wat sy 17-jarige seun in die tragedie verloor het, sê hulle wag steeds op die amptelike verslag van die provinsiale departement van gesondheid.