Faf sal sleutelrol in Leeu-toer speel

Die veteraan Britse en Ierse Leeus-speler, Scott Gibbs, glo die skrumskakel, Faf de Klerk, kan ‘n sleutelspeler vir ‘n Springbok-reeksoorwinning teen die toerspan wees. Die Bokke speel die eerste van drie toetse teen die Britse en Ierse Leeus op die 24ste van die maand in Kaapstad. Gibbs sê De Klerk is ‘n belangrike skakel in die manier waarop die Springbokke verdedig, vir die span se energie en was in top-vorm vir die Sale Sharks in die Engelse Premierliga. Hy voeg by dat die Bokke met ‘n kortkop die gunsteling is om die reeks te wen.