Faf draf Saterdag in Mbombela uit

Die Wêreldbekerkampioen-skrumskakel Faf de Klerk is terug in die Springbokke se beginspan vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Mbombela. Hy het in die derde toets teen Wallis op die bank begin, nadat die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, Jaden Hendrikse vir die nommer 9-trui gekies het. Maar Nienaber glo De Klerk se ervaring en speelstyl sal ‘n aanwins wees vir die Bokke se wedstryd teen Nieu-Seeland: