Faf de Klerk gaan vir Yokohama speel

Rugby: Die Japanse klub Yokohama Canon Eagles het bevestig hulle het die dienste bekom van die Springbok Faf de Klerk. Die skrumskakel keer terug na die land waar hy Suid-Afrika drie jaar gelede gehelp het om die Wêreldbeker in te palm. Hy verlaat Sale Sharks in Engeland aan die einde van die seisoen. Verskeie ander Bokke, soos Pieter-Steph du Toit, Willie le Roux, Lukhanyo Am en Malcolm Marx, het in vanjaar se Rugby-liga Een in Japan gespeel. De Klerk sê hy wou sedert die Wêreldbekertoernooi in 2019 nog altyd Japan toe skuif.