Facebook verwyder video van krygsgevangene
Die Britse premier Boris Johnson sê hy is baie bly dat Facebook uiteindelik ingestem het om ‘n video van ‘n Brit, Aiden Aslin, wat reeds jare in die weermag in die Oekraïne is, van sy platform te verwyder. YouTube het die reeds verlede week afgehaal. In die video word Aslin, wat deur Russiese soldate gevangene geneem is, ondervra deur die Russe en hy is vasgebind. Sy ma, Angela Wood, het ingetree en die verwydering geëis. Johnson het met Britse media gepraat.