F1 se Haasbaas verlaat span

Guenther Steiner het sy rol as spanhoof van die Formule Een-Haasspan met onmiddellike ingang verlaat. Die Italianer was in beheer van Haas sedert die span in 2016 by Formule Een aangesluit het. Haas het verlede jaar laaste geëindig in die vervaardigerskampioenskap. Die span se direkteur van Ingenieurswese, Ayao Komatsu, is in Steiner se plek aangestel. Haas se eienaar, Gene Haas, sê dis duidelik dat hulle prestasies op die baan moet verbeter. Die seisoen se eerste wedren is die Bahrein Grand Prix wat volgende maand plaasvind.