F1: Red Bull oortree begrotingsperk

Red Bull is skuldig bevind aan ‘n geringe oortreding van Formule Een se begrotingsperk, en het verlede seisoen se perk van 2,6 miljard Namibiese dollar met minder as 5 persent oorskry. Dit is deur die sport se beheerliggaam FIA onthul. Daar is ook bevind dat Aston Martin ‘n prosedurefout met hul verslag gemaak het. FIA sê hulle is tans besig om die toepaslike optrede te bepaal wat ingevolge die finansiële regulasies geneem moet word. ‘n Geringe oortreding van die finansiële regulasies kan ‘n finansiële boete en of geringe sportstrawwe tot gevolg hê.