F1 ontleed nog Abu Dhabi-gebeure

Formule Een se beheerliggaam, die FIA, sê die ontleding van die omstrede gebeure by verlede jaar se bepalende Abu Dhabi Grand Prix is steeds aan die gang. Die beheerliggaam en spanbase het gister in Londen vergader vir ‘n vergadering van die F1-kommissie. Die FIA sê president Mohammed Ben Sulayem het ‘n deeglike bespreking van die Abu Dhabi Grand Prix gelei. Die kommissie se terugvoer oor sake wat bespreek is, sal ingesluit word by die president se ontleding. Sulayem sal na verwagting in die komende dae strukturele veranderinge aankondig.