F1: Kimi groet aan die einde van seisoen

Die Formule Een-renjaer, Kimi Raikkonen, het aangekondig hy gaan aan die einde van die seisoen uittree. Hy het sy debuut in 2001 by die Australiese Grand Prix as lid van die Sauber-span gemaak. Hy het in 2019 teruggekeer na die groep wat nou as Alfa Romeo bekend staan. Sy kontrak met hulle verstryk aan die einde van die seisoen. Raikkonen sê dit was nie ‘n maklike besluit nie, maar daar is nog baie wat hy in die lewe wil beleef en geniet. Hy is met slegs twee punte nou 17de op die bestuurdersranglys.