F1: Aston Martin stel BMW-hoof aan

Aston Martin het die voormalige hoof van BMW-motorsport, Mike Krack, as die nuwe hoof van hul Formule Een-span aangewys. Hy is nie algemeen bekend in F1-kringe nie, maar Krack is sedert 2014 in beheer van BMW se motorsport-tak, wat die Duitse bouer se Formule E- en Le Mans-betrokkenheid behels. Nuusagentskappe berig hy was ‘n ingenieur by Sauber toe Sebastian Vettel sy loopbaan as die span se toetsbestuurder begin het. Vettel hoop om voordeel te trek uit Krack se aankoms in die komende seisoen wanneer ‘n reeks nuwe regulasies ingestel word.