‘Profeet’ bestee N$1,3m aan 173 bottels drank, 2 kosborde by restaurant

Die selfverklaarde Zimbabwiese profeet Passion Java het 1,3 miljoen Namibiese dollar op vonkelwyn en twee kosborde by die Pretoriase restaurant 012 Lifestyle Brooklyn bestee. Hy het aan Suid-Afrikaanse media gesê dat 2022 die jaar van geld is en dat hy sy dankbaarheid vir sy seëninge so betoon het, en hy dat hy ‘n prettige aand uit wou hê omdat sy persoonlike assistent verjaar het. Die groep het twee korsborde, tien blikkies koeldrank, 170 bottels ingevoerde sjampanje en drie bottels whisky bestel. Die fooitjie was net minder as 125 000 dollar. Die profeet was blykbaar in Suid-Afrika om jeug geleenthede met President Cyril Ramaphosa te bespreek maar, die Presidensie ontken enige ontmoeting. Passion Java is ‘n groot ondersteuner van sy eie landspresident, Emmerson Mnangagwa.