Express Petroleum in Oos-Kaap verwyder alle Shell-kentekens by sy vulstasies

Die uitvoerende hoofbestuurder van Express Petroleum in die Oos-Kaap, Russell Wells, sê hy verwyder die Shell-kentekens by sy vulstasies. Hy doen dit weens openbare druk van kliënte oor die brandstofreus se besluit om seismiese toetse te doen aan die Oos-Kaapse kus. Die maatskappy, wat in Oos-Londen gebaseer is, is ‘n verskaffer vir 35 vulstasies van KwaZulu-Natal tot in Mosselbaai. Vandat die seismiese skietwerk ‘n paar weke gelede aangekondig is, is strande aan die Wildekus, sowel as in Kaapstad, bedrywig met drukgroepe wat beswaar maak teen die multinasionale energie-maatskappy.