Europeërs wil ook skietstilstand verlenging hê

Die Europese Kommissie sê die verlenging van die tydelike skietstilstand tussen Israel en Hamas is ʼn venster van hoop wat toelaat dat meer burgerlikes in Gaza toegang kry tot noodsaaklike hulp. Die kommissie het tot dusver ʼn lugbrug georganiseer waar 20 vlugte byna 900 ton humanitêre voorrade oor Egipte na Gaza geneem het. Die kommissie sê hy sal voortgaan om met alle partye saam te werk om ʼn politieke oplossing te vind wat vreedsame naasbestaan tussen Israeli’s en Palestyne verseker. Hy sê dit sal op ʼn tweestaat-oplossing gebaseer wees.