Europeërs wil meer dikwels van die huis af werk

Navorsing deur die Europese Sentrale Bank het bevind dat bykans ‘n derde van die euro-gebied se werkers meer dikwels van die huis af wil werk as wat hulle toegelaat word. Hulle is ook bereid om van werk te verander om dit te kan doen. Talle maatskappye ontwikkel nog hul beleid in die verband. Luidens die navorsing wil twee-derdes van die werkers minstens een dag per week van die huis af werk. Reistyd is een van die grootste redes wat aangevoer word vir die keuse om tuis te werk