Europa bak in voortdurende hittegolf

Groot dele van Europa bak in die hitte wat veroorsaak dat rivierbeddings sigbaar is en waterbeperkings in baie gebiede ingestel is. Die vlak van die Nederlandse tak van die Rynrivier, die Waalrivier, het gesak tot onder die laagste merker. Die Ryn is ‘n hoofaar vir vragvaartuie en veerbote. Ou fietse en motorbande is sigbaar in dele van die Waal wat nou droog is. Dele van die Ijsselrivier is nou so smal dat skepe verbied is om by mekaar verby te vaar.