EU vra vir tribunaal oor oorlogmisdade in Oekraïne

Die EU-presidensie vra vir die instelling van ‘n internasionale tribunaal vir oorlogsmisdade nadat nuwe massagrafte in Oekraïne gevind is. Hierdie oproep volg op die ontdekking deur Oekraïense owerhede van ongeveer 450 grafte met tekens van marteling aan die liggame wat opgegrawe is. Die menseregtekommissaris van die Oekraïense parlement, Dmytro Lubinets sê meer as duisend Oekraïense burgers is waarskynlik in die bevryde gebiede van die Kharkiv-streek gemartel en vermoor. Die Verenigde Nasies in Genéve wil nou ‘n span stuur om die omstandighede rondom die sterftes te bepaal.