EU voorspel daling in opbrengste van sonneblom, mielies en sojabone

Die Europese Unie voorspel die opbrengste vir mielies, sonneblom en sojabone sal met tussen 8 en 9 persent daal. Groot dele van Europa is in die onlangse weke deur droogte en warm weer geraak, insluitende Spanje, die suidelike deel van Frankryk en die sentrale en noordelike dele van Italië. Die Russies-Oekraïnse oorlog het ook die prys van brandstof en kunsmis laat styg. Die EU sê druk weens die droogte en hitte in baie streke het saamgeval met die blomstadium van oeste en wateropgaartenks in baie plekke se vlakke is te laag om aan die vraag na besproeiing te voldoen.