EU verbied invoere van Russiese Alrosa-diamante

België dring aan op ‘n opsporingstelsel vir Russiese diamante nadat die Europese Unie sanksies ingestel het teen die wêreld se grootste diamantmynmaatskappy, Alrosa, en sy uitvoerende hoof, Pavel Marinychev. Die EU se verbod op Russiese diamant-invoere wat Maandag in werking getree het, teiken weens die voortslepende konflik in Oekraïne ‘n ekonomiese sektor wat aansienlike inkomste vir die Russiese regering beteken. Alrosa is verantwoordelik vir 90 persent van Rusland se diamantproduksie en kan nou ʼn verbod op visums en bevriesing van bates beleef. Die sanksies is deel van die EU se pogings om maatreëls teen die Kremlin te verskerp.