EU sal teen 2027 invoere van Russiese olie en gas staak

Die Europese Kommissie se president Ursula von der Leyen sê die Europese Unie moet sy afhanklikheid van Russiese fossielbrandstof beëindig en groot beleggings maak in hernubare energie. Rusland is die derde grootste olie-produsent in die wêreld naas Amerika en Saoedi-Arabië. Van die sowat 5 miljoen vate ru-olie wat dié land elke dag uitvoer, gaan meer as die helfte na Europa. Von der Leyen sê sy sal teen die middel van Mei ‘n plan voorlê om Russiese olie, gas en steenkool teen 2027 uit te faseer: