EU sal Paxlovid binnekort goedkeur

Die EU se Medisyne-reguleerder sê hy kan binne weke besluit oor die goedkeuring van Pfizer se Covid-19 pil. Die Europese medisyne-agentskap het goedkeuring aan individuele lande gegee om self te besluit oor die vroeë noodgebruik van die pil, bekend as Paxlovid. Daar word berig dat die waghond in Amsterdam reeds begin het om Pfizer se aanbod te evalueer vir magtiging om dit deur die blok van 27 lande te versprei. Die waghond oorweeg ook ‘n soortgelyke aansoek van die Amerikaanse mededinger, Merck. Amerika het in Desember albei pille goedgekeur. Plaaslike owerhede het onlangs bevestig hulle wag vir WGO goedkeuring van die medikasie om dit plaaslik te gebruik.