EU lei Mosambiekse troepe op

Die Europese Unie het ‘n militere opleidingsending in Mosambiek tot stand gebring om plaaslike soldate te help om die inval van Moslem-ekstremiste in die gasryke noordelike provinsie hok te slaan. Europese en Amerikaanse soldate is in Cabo Delgado ontplooi om die geweld stop te sit. AFP berig militante wat met die Islamitiese Staat verbind word, het sedert 2017 chaos in die gebied veroorsaak, wat die lewe van minstens 3 000 mense geëis en meer as 800 000 haweloos gelaat het. Die troepe gaan vir twee jaar in Mosambiek gestasioneer wees.