EU klassifiseer rooibos as beskermde oorsprong-naam

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het die Europese Kommissie se aankondiging verwelkom dat rooibos en red bush in sy register van beskermde oorsprong-name en register van beskermde geografiese aanwysings opgeneem gaan word. Hierdie terme is die eerste Afrika-voedsel wat die status behaal. Die departement se woordvoerder, Daniel Johnson, sê die registrasie sal ook die Suid-Afrikaanse rooibosbedryf toelaat om die Europese Unie se kenteken te gebruik.