EU gaan Mosambiek bystaan teen Islamitiese-aanvalle

Internasionale nuusgentskappe berig dat duisende mense steeds ontwortel is in die noorde van Mosambiek na aanvalle in die gebied deur Islamitiese terroriste.Die VN se vlugteling agentskap sê daar is groot uitdagings met bystand en het sy kommer uitgespreek oor die humanitêre nagevolge as gevolg van die terreur aktiwiteite en geweld wat toeneem. Die Europese Unie oorweeg dit intussen om gespesialiseerde militêre opleiding aan Mosambiese soldate te gee om hulle toe te rus om Islamitiese-rebelle te beveg.Portugal het reeds aangedui dat hy troepe sal stuur nadat die Mosambiekse regering die EU genader het soos Josep Borrel die hoof van die EU se Buitelandse Beleid verduidelik.