EU: China het morele plig om vrede te bewerkstellig

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Josep Borrell, sê China het ‘n morele plig om vrede in Oekraïne te help bewerkstellig. Hy het na afloop van ‘n vergadering met die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken gesê die land kan nie die aggressor steun in die oorlog wat deur Rusland begin is nie. Borrell sê China moet bydra tot ‘n billike vrede tussen Oekraïne en Rusland.