Etundu bars uit sy nate, te veel Angolese

Die Etunda vlugtelingskamp in Omusati is volgens berigte oorvol. Die goewerneur van die streek Erginus Endjala het aan plaaslike media gesê die gebied is so vol dat net meer as 350 vlugtelinge hulle buite die kamp gevestig het. Daar is tans meer as 3 000 Angolese burgers ind ie kamp met net meer as 1 780 kinders, 630 vroue waarvan 71 swanger is, en 198 mans. Endjala sê dit raak nou krities omdat meer mense daagliks by die kamp aankom. Die groep vlug die heersende droogte in die Suide van Angola. Samesprekings om die groep te repatrieer is gevorderd maar, volgens berigte is sommige nou huiwerig om terug te keer huis toe omdat hulle dan op hulle eie weer moet oorleef. Die regering, is samewerking met nie-regeringsorganisasies verskaf voedsel en mediese behandeling aan die groep.