Ethiopiese regering kap Amerika en bondgenote

Die Ethiopiese regering sê Amerika en sy bondgenote is besig met ‘n afbrekende relaas. Dit volg nadat die regerings van Australië, Kanada, Denemarke, Nederland, die Verenigde Koninkryk en Amerika kommer uitgespreek het oor onlangse verslae dat die Ethiopiese regering groot getalle burgers aanhou. Individue word ook gearresteer en sonder aanklagte of verhoor in onmenslike toestande aangehou. Ethiopië sê die aanhoudings is gebaseer op geloofwaardige bewyse en getuienisse.