Eswatini op besoek oor TB, land vorder beter as Namibië

Lede van die Eswatini-parlement is in Namibië op uitnodiging van die Namibiese parlement. Die span wat gelei word deur Macford Sibandze, nasionale voorsitter van die TB Koukus-Eswatini, is in die land om hulle te beywer vir die uitwissing van tuberkulose in die SAOG-streek. Sibanze het Namibië verwelkom by die Globale TB Koukus, die grootste internasionale netwerk van parlementslede wat die stryd aansê om TB te beëindig. Dr. Richard Kamwi, ‘n voormalige Namibiese minister van gesondheid in Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Eswatini wen die stryd teen TB en Namibië doen ook goeie werk.