Eskom wil meer private kragopwekkers aan nasionale netwerk koppel

Kragverskaffer Eskom sê hy werk nou saam met die departement van energie om die proses te bespoedig om meer private kragopwekkers aan die nasionale netwerk gekoppel te kry. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter sê hulle werk ook saam met die Onafhanklike Kragprodusente-kantoor om te help, waar hulle kan om meer van private krag-opwekkers op die been te bring om sodoende oor die medium-termyn, die druk op die land se kragnetwerk te verminder. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad …