Eskom waarsku oor kragbronne tydens koue

Eskom waarsku die koue front in sommige dele van die land sal die vraag na elektrisiteit verhoog en sodoende die stelsel onder druk plaas. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê winderige, koue toestande word verwag in dele van die land. Eskom sê daar was geen beurtkrag sedert die 13de van verlede maand nie, weens ‘n geringe verbetering in opwekkingsvermoë en die stelsel funksioneer tans relatief goed. Die kragvoorsiener moedig die publiek aan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.