Eskom veroordeel ontvoering van werknemer

Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, het die ontvoering van en aanval op een van sy werknemers in Gauteng veroordeel. Daar is verskeie kere op die werknemer se motor geskiet en sewe aanvallers het die persoon gewelddadig ontvoer. Die werknemer is later in die suide van Johannesburg vrygelaat en moes in die hospitaal behandel word vir beserings wat tydens die aanranding opgedoen is. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die polisie ondersoek tans die saak.