Eskom verlaag beurtkrag oor die naweek

Eskom het bekendgemaak Fase 3-beurtkrag word môre en Sondag van vyf-uur soggens tot vier-uur smiddae ingestel. Daarna sal Fase 4-beurtkrag begin. Die tussentydse woordvoerder van Eskom, Daphne Mokoena, sê daarna sal Fase 5-beurtkrag vanaf vier-uur Maandagmiddag ingestel word. Sy sê ʼn opwekkings-eenheid elk by die Hendrina-, Lethabo- en Tutuka-kragstasie is weer in diens gestel.