Eskom spreek onwettige verbindings in Kaapstad aan

Eskom slaan toe op onwettige elektrisiteitkoppelings in Kaapstad. Die kragverskaffer se beampates het in die informele woongebied Wallacedene begin. Dit volg op die verlies van miljarde rand weens onwettige koppelings aan die stelsel en skade aan die infrastruktuur. Die woordvoerder van Eskom se Kaapse Kusgebiedsektor, Promise Quluba, sê die doel van die optrede is om groot kragonderbrekings weens die onwettige verbindings in die gebied te verminder, en ook om Eskom se infrastruktuur te beskerm: