Eskom spreek kragtekorte aan

Eskom werk aktief aan ingrypings om beurtkragfases te verlaag. Dit volg nadat beurtkrag vanaf fase 4 na fase 6 verhoog is vir die naweek. Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het sleutelmaatreëls uiteengesit, insluitend die dringende verbintenis om die terugkeer van opwekkings-eenhede en die aanvulling van noodreserwes te verseker. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê hierdie ingrypings is van kardinale belang vir die bestendigheid en beskerming van die netwerk: