Eskom se stelsel nie betroubaar nie, sê minister

Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom se stelsel is nie betroubaar nie en dit lei tot verskillende fases beurtkrag. Hy het die media in Pretoria ingelig oor die instelling van die Energie-aksieplan. Ramokgopa sê Eskom se span het daarin geslaag om instandhouding by opwekkingseenhede te verhoog tydens die feestyd, toe die vraag na krag laer was.