Eskom se skuld moet krimp

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê die bestuur van Eskom se skuld is een van die sleutelprioriteite om die instelling weer op ‘n volhoubare pad te plaas. Eskom het daarin geslaag om in die 2021-boekjaar sy skuld met N$83 miljard van N$484 miljard tot N$401 miljard, te verminder. Dit is danksy die terugbetaling van die betaalbare skuld en veranderings in die wisselkoers. Gordhan sê daar is ook ‘n dringende behoefte om die munisipale skuldlas op te los. Hy sê Eskom se verbruikerskuld styg steeds skerp. Dit staan op die oomblik op N$45,1 miljard waarvan 78 persent deur munisipaliteite geskuld word, met 17 persent deur Soweto.