Eskom sê risiko vir beurtkrag bly steeds hoog

Die Suid-Afrikaanse krag-opwekker Eskom sê die risiko vir beurtkrag bly steeds hoog, en het vandag gevra dat inwoners steeds hul kragverbruik beperk, om sodoende die nasionale kragnetwerk te beskerm. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter het vroeër vandag tydens ‘n aanlyn vergadering, gesê dat die Medupi-kragstasie nog vir ‘n tyd lank buite aksie sal wees. Daar is laat verlede jaar ‘n ontploffing by die kragstasie aangemeld. De Ruyter sê die skade beloop minstens 2,5 miljard rand. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.