Eskom sê kragstelsel is onder druk

Eskom het bekend gemaak die kragstelsel verkeer onder geweldige druk. Die publiek word gewaarsku beurtkrag kan op kort kennisgewing ingestel word, sou daar enige beduidende onderbrekings wees. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het Suid-Afrikaners versoek om voort te gaan om krag spaarsaam te gebruik, veral tussen vyf-uur en nege-uur soggens: