Eskom se dodelike impak op lug

Navorsing deur die Sentrum vir Navorsing in Energie en Skoon Lug in Kaapstad het bevind Eskom se steenkool-kragstasies kan vanaf 2025 die dood van 79 500 mense veroorsaak. Gebiede oos en suid van Johannesburg het van die swakste luggehalte ter wêreld weens Suid-Afrika se afhanklikheid van steenkool vir meer as 80 persent van sy krag. Die navorsing wys indien Eskom aan besoedelingsperke voldoen, kan 34 400 lewens gered word en sal sy swaeldioksied-afskeidings met 60 persent daal.