Eskom loop deur, maar De Ruyter sê hulle word R47 miljard geskuld

Eskom sê hy het verskeie kontantvloei-beperkings en dit is geld wat baie handig te pas sal kom vir verkrygings van die Nasionale Tesourie. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê die gebrek aan fondse is ‘n reuse uitdaging in die verkrygingsproses. Eskom het vanoggend fase-vier-beurtkrag aangekondig. De Ruyter sê verskeie munisipaliteite skuld die kragvoorsiener 47 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat kan help om Eskom se kontantvloei-probleme op te los: