Eskom leen miljoene

Die direksie van die African Development Bank het ‘n lening van 57,67 miljoen Amerikaanse dollar aan Eskom goedgekeur om battery bergingstegnologie te benut vir elektrisiteitsopwekking vanaf betroubare en doeltreffende hernubare energiebronne. Die bank se finansiering, ‘n konsessielening, sal van die Skoon Tegnologiefonds kom, ‘n multi-skenkertrustfonds onder die Klimaatbeleggingsfondse. Die baanbreker Battery Energy Storage Systems Project word saam met die Wêreldbank en die Nuwe Ontwikkelingsbank gefinansier.