Eskom kondig beurtkrag-fases vir naweek aan

Eskom het aangekondig fase 3-beurtkrag sal ingestel word van vier-uur vanmiddag tot middernag. Fase 1 word beplan van vyf-uur môreoggend tot vier-uur die middag, gevolg deur fase 4 tot middernag. Dié patroon sal Sondag voortduur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê sommige opwekkings-eenhede is weer aangeskakel terwyl ander gebreek het, wat vertragings veroorsaak om dit weer in gebruik te neem. Sy sê spanne werk dag en nag om die probleme in die komende dae op te los.