Eskom ken eerste kontrakte vir batteryberging toe

Eskom het kontrakte toegeken aan Hyosung Heavy Industries en die Pinggao-groep vir die verskaffing van batteryberging in die eerste deel van die Battery-energiebergingstelsel-projek van 500 megawatt wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het. Die projek sal vraag vir vier ure per dag vir minstens 250 dae elke jaar bestuur. Volgens Eskom sluit fase een die installasie in van ongeveer 199 megawatt bykomende vermoë. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê daar is vier terreine vir fase een in die Wes-Kaap, twee in KwaZulu-Natal en een elk in die Oos-Kaap en Noord-Kaap: