Eskom erken sy skuld is onvolhoubaar hoog

Eskom het erken sy skuld bly onvolhoubaar hoog. Dit het in die ses maande tot einde September vanjaar, vanaf 424 miljard Suid-Afrikaanse rand verlede jaar toegeneem tot 443 miljard rand. Om dit aan te spreek, het die ANC-regering hom daartoe verbind om 78 miljard-rand van die 254 miljard rand skuldverligting wat oor die volgende drie jaar verskaf sal word, in die huidige boekjaar oor te dra. Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, sê die regering se skuldverligtingsoplossing sal baie help om die kragvoorsiener se finansiële volhoubaarheid en likiditeit op die kort- tot mediumtermyn te verbeter.