Eskom: Beurkrag wissel tussen fases 5 en 6

Eskom het beurtkrag na fase 6 opgeskuif. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Daphne Mokoena, sê beurtkrag sal wissel tussen fases 5 en 6 tot verdere kennisgewing. Die verhoging is weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Mokoena sê ‘n opwekkings-eenheid by die Duvha-kragstasie moes uit diens gestel word vir herstelwerk.