Sokker: Kwarteindstryde van Kampioene-liga vanaand

Sokker: Daar is vanaand nog aksie in die kwarteindstryde van die Kampioene-liga. AC Milan is gasheer vir Napoli in ʼn Italiaanse derby terwyl Real Madrid die Engelse klub, Chelsea, in Spanje verwelkom. Frank Lampard is vir ʼn tweede keer terug by Chelsea nadat hy tot die einde van die seisoen as tydelike bestuurder aangestel is. Hy is die vierde afrigter wat die Blues hierdie seisoen bestuur.