Eskom bekom summiere vonnis teen Emfuleni

Eskom sê hy het ‘n summiere vonnis teen die Gautengse munisipaliteit Emfuleni bekom vir ‘n bedrag van 1,3 miljard rand wat die owerheid die kragvoorsiener skuld vir massa-voorsieningsdienste in 2019. Dit is deel van die totale skuld van 1,9 miljard rand wat daardie jaar opgehoop het. Eskom sê daar is beslag gelê op die owerheid se bates in ‘n poging om die skuld te verhaal. Amanda Qithi van Eskom in Gauteng sê Emfuleni se totale skuld beloop nou ‘n allemintige 3,5 miljard rand, insluitend die lopende rekening van 385 miljoen rand wat vandag betaalbaar is.