Esau en kie hoor 12 Desember oor borg

Uitspraak in die borgaansoek deur Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau en sy mede-beskuldigde Nigel van Wyk word op 12 Desember verwag. Regter David Munsu het die datum bepaal na die finale voorleggings deur die staat en die aansoekers gedoen is. Die aansoek duur reeds sedert 14 Desember verlede jaar. Esau eis intussen dat sy verdediging in die hoofverhoor, wat weer op 5 Desember voorkom, deur die regering betaal word omdat hy nie geld vir regsverteenwoordiging het nie en nie regshulp wil benut nie. Maar, hy het dit reggekry om sedert verlede jaar sy regsman Florian Beukes vir die aansoek te betaal.