Esau: Ek was in die hande van my administrasie

Die borgtogaansoek van oud-visseryminister Bernhardt Esau het vandag voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof voortgeduur. Staatsadvokaat Clive Lutabezi het Esau gevra of hy versoek het dat Nengomar Pesca Namibia die ontvanger van die kwotas moet word. Lutabezi en Esau het tydens sy kruisondervraging ‘n woordewisseling gehad. Esau het gesê hy was in die hande van sy administrasie…