ErongoRed kondig kragonderbreking aan

ErongoRed het aangekondig dat Rossmund naby Swakopmund op Dinsdag 23 Augustus ‘n kragonderbreking gaan hê. Die kragonderbreking sal vanaf die oggend agt-uur tot die middag vyf-uur duur. Die kragonderbrekings sal besighede soos onder meer die Rossmund-gholflandgoed, Rossmund Lodge, MTC en TN Mobile Telecom raak.