Erongo-streekraad betig oor beplanning, koördinasie

Die voorsitter van die Erongo-streekraad se bestuurskomitee, Benita Imbamba, spreek kommer uit oor die gebrek aan koördinasie en kommunikasie binne die raad. Volgens Imbamba is sommige raadslede steeds in silo’s bedrywig, selfs oor sake wat dalk dringende aandag en lewering vereis. Imbamba moedig ook raadslede aan om aktiwiteite in hul kiesafdelings en die moontlike finansiële implikasies behoorlik te beplan en uiteen te sit. Sy beklemtoon dat kiesafdelings nie aktiwiteite of take kan uitvoer waarvoor nie beplan is nie.